We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

dit wat oorgebly het

by Kabaal klankbaan

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $7 USD  or more

     

  • Compact Disc (CD) + Digital Album

    Dit wat oorgebly het - Kabaal (klankbaan) se debuut vollengte album. In 'n deursigtige plastiek kassie met 'n oopvou-blaadjie met lirieke.
    Sluit 'n onmiddelik-aflaaibare weergawe van die album in.

    Includes unlimited streaming of dit wat oorgebly het via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    ships out within 7 days
    edition of 300 
    Purchasable with gift card

      $10 USD or more 

     

  • Full Digital Discography

    Get all 11 Kabaal klankbaan releases available on Bandcamp and save 30%.

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality downloads of Ek's steeds onstabiel, Ek en jy (is lank reeds verby), Hunted Women, If It's All The Same, I'm not good with promises, Not Tonight, Josephine, Robot Girlfriend, Baptism Bonus EP, and 3 more. , and , .

    Purchasable with gift card

      $36.05 USD or more (30% OFF)

     

1.
soveel vrae 02:54
sy stap elke dag dieselfde pad wat haar lei nêrensheen sy hou haar voete dop wat haar dra op die pad nêrensheen sy het haar lewe vooruit beplan saammet haar trouman sy het geweet sy gaan met hom trou maar waar is hy nou? Sy't soveel vrae om te vra, soveel vrae om te vra Maar niemand antwoord, behalwe haar ma Sy't soveel vrae om te vra, soveel vrae om te vra en sy kry geen antwoord by haar pa sy stap elke dag dieselfde pad wat haar lei nêrensheen sy hou haar voete dop wat haar dra op die pad nêrensheen Sy dra nou maar 'n masker, sodat sy altyd bly is, al vra sy waar hy is Hy was 'n hartedief, hy't gesê hy't haar lief, maar waar is hy nou? Sy't soveel vrae om te vra, soveel vrae om te vra Maar niemand antwoord, behalwe haar ma Sy't soveel vrae om te vra, soveel vrae om te vra en sy kry geen antwoord by haar pa Sy't soveel vrae om te vra, soveel vrae om te vra Sy kry geen antwoord, sy kry geen antwoord nie Sy't soveel vrae om te vra, soveel vrae om te vra en sy kry geen antwoord
2.
as daar wolwe is wat dalk vir jou wou grom of selfs hondjies wat speels hul tande wil wys wil ek daar wees om met 'n omhelsing 'n muur om jou te bou en jou so veilig van die roofdiere te hou ek wil die vyande uit jou drome hou ek wil die monsters verslaan ek wil 'n wakende oog oor jou slaap hou sodat jy weer veilig op kan staan as die vloede kom en als wat aan jou behoort wegspoel of as jy 'n traan of twee oor jou wang voel wil ek daar wees al kan ek niks vir jou teruggee al is ek net iemand op wie jy daaroor kan skree ek wil die vyande uit jou drome hou ek wil die monsters verslaan ek wil 'n wakende oog oor jou slaap hou sodat jy weer veilig op kan staan as ek nie daar is nie wil ek hê jy moet iemand kry wat jou veilig kan hou en gelukkiger maak as jy vir my ek wil die vyande uit jou drome hou ek wil die monsters verslaan ek wil 'n wakende oog oor jou slaap hou sodat jy weer veilig op kan staan
3.
ek kyk weer deur die foto's wat ons daai aand geneem het ek dink weer die gedagtes wat my daai aand vervreem het draai jou kop as 'n geskenk vir my toe ek wil jou verstaan, maar ek weet glad nie hoe skryf jou gedagtes uit in 'n leesbare handskrif werk net saam, en oorbrug hierdie rif ek onthou nogsteeds die woorde wat jy lankal vergeet het ek onthou my antwoorde wat jy toe nog opgevreet het draai jou kop as 'n geskenk vir my toe ek wil jou verstaan, maar ek weet glad nie hoe skryf jou gedagtes uit in 'n leesbare handskrif werk net saam, en oorbrug hierdie rif dit was hierdie tyd 'n jaar terug wat ek jou eers leer ken het en nou, hoeveel maande later, voel dit of ek nog niks gewen het draai jou kop as 'n geskenk vir my toe ek wil jou verstaan, maar ek weet glad nie hoe skryf jou gedagtes uit in 'n leesbare handskrif werk net saam, en oorbrug hierdie rif
4.
jy ken my intiem van binne en voor jy het my gewys hoe om dinge aspris te verloor hoekom dan wegkyk? hoekom dan skaam wees? waarvandaan kom ons obsessie met vermom? wat van net aangryp? wat van net saamspeel? hoekom skuil vir dit wat kom? jy't my vertel van 'n dag om na uit te sien maar die volgende keer het dit verander van 'n ja na 'n miskien hou op gate krap in jou droomwêreld se nuwe laag verf jy's besig om jou toekomsblik heeltemal te bederf ek ken skaars jou naam, maar ek't al in jou siel vasgestaar die waarheid bly onuitgespreek; 'n onleesbare gebaar dit kan ek verstaan, en ek sal jou dit vergewe maar nie as jou asemhaling jou woorde verraai jy't my vertel van 'n dag om na uit te sien maar die volgende keer het dit verander van 'n ja na 'n miskien hou op gate krap in jou droomwêreld se nuwe laag verf jy's besig om almal om jou se toekomsblik heeltemal te bederf jy ruik soos die waarheid maar jy lyk soos 'n leuen ek kan jou nie glo nie, maar jy weet ek wil jy't my vertel van 'n dag om na uit te sien maar die volgende keer het dit verander van 'n ja na 'n miskien hou op gate krap in jou droomwêreld se nuwe laag verf jy's besig om almal om jou se toekomsblik heeltemal te bederf miskien as ek my oë sluit, kan ons ophou glo dan vergeet ons die halwe waarhede, en ons aanvaar dit so
5.
oorreageer 04:33
hoe spel mens nouweer "ek mis jou"? rym dit met "verlief"? hoe skryf 'n mens nouweer 'n liefdesbrief? die duister in my kop (kan ek dit ylhoofdigheid noem?) maak dat my verlange die hele wêreld verbloem is hierdie nou oorreageer? is my drome nou in beheer? ek sweer jy kan met my toor ek kan nie sien, proe, voel, of hoor nie in 'n vroegoggend mis-wolk sien ek deur druppels dou waarom hierdie weer almal herinner aan jou is hierdie nou oorreageer? is my drome nou in beheer? ek sweer jy kan met my toor ek kan nie sien, proe, voel, of hoor nie hoe voel verlange nouweer? is dit die een met die hartseer? of dink ek aan die liefde? dink ek aan die dringende inasem? die ewige vraag? die sterre op aarde? die vlinder in my maag? die dans sonder ritme? die blinde hartstog? die eindelose beskrywing? is hierdie nou oorreageer? is my drome nou in beheer? ek sweer jy kan met my toor ek kan nie sien, proe, voel, of hoor nie hoe spel mens nouweer "ek mis jou?" rym dit met "verlief"?
6.
ek het haar gesien val ek was te laat om te keer ek het haar gesien opstaan en aanloop maar dit sal anders wees die volgende keer die volgende keer wil ek haar kan vang ek wil haar oë toe sus al is sy bang ek wil haar styf vashou en haar seer genees ek wil haar laat weet sy hoef niks te vrees ek het haar gesien val ek was te laat om te keer ek het haar gesien opstaan en aanloop maar dit sal anders wees die volgende keer die volgende keer wil ek haar kan vang ek wil haar oë toe sus al is sy bang ek wil haar styf vashou en haar seer genees ek wil haar laat weet sy hoef niks te vrees ek wil die donderstorms om haar stilmaak ek wil die water van haar wang afvee en as sy niks oorhet om voor te glimlag nie wil ek vir haar 'n rede gee ek het haar gesien val ek was te laat om te keer ek het haar gesien opstaan en aanloop maar dit sal anders wees die volgende keer
7.
jy bly vir my 'n beset-toon ek't opgehou om te bel jy bly vir my 'n beset-toon ek't opgehou om te bel maar eergister het my vingers oudergewoonte jou nommer losgeslaan en toe jy die lui ontvang, kon ek nie anders as om woordeloos terug te staan jy bly vir my 'n beset-toon ek't opgehou om te bel jy bly vir my 'n beset-toon ek't opgehou om te bel bel jy terug, voel ek oombliklik verlig maar ek onthou hoe alles ontvou het, oopgebreek het, gespat het, dalk selfs verbrand het, en antwoord kry jy nie jy bly vir my 'n beset-toon ek't opgehou om te bel jy bly vir my 'n beset-toon ek't opgehou om te bel
8.
sonopkoms 03:11
staar na jou lag-oë is nie meer genoeg nie jou asemhaling ken ek al te goed slegs die draaie van jou skoene op die sitkamer-dansvloer is deesdae te min om my jou-lus te voed drink aan jou drome maak my nie meer dronk nie jou hand moes my arm verleng dalk is daar langer lere te klim, beter pryse te wen draai my wanneer ons in die kollig dans skree hard op my wanneer jy omgee toor met my sonder om die toertjie te verduidelik verdrink my met selfmoord in die see drink aan jou drome maak my nie meer dronk nie jou hand moes my arm verleng dalk is daar langer lere te klim, beter pryse te wen wanneer gaan jy my laat skree sonder om my met 'n rumoer te kul? gaan ons laaste afskeid dalk my laaste leemte vul? jy word die vyand, maar wees eers 'n vriend dis mos nie die einde wat tel vergeet die klein goedjies wat alledaags pla dis nie die trane wat ons sal oorvertel drink aan jou drome maak my nie meer dronk nie jou hand moes my arm verleng dalk is daar langer lere te klim, beter pryse te wen
9.
heldedade 03:09
ek wag vir jou jou yskoue maak my nie skrik nie ek staar na die ouma-meubels terwyl heldedade oor my straal my vrees hou my stil, al wil ek vlug 'n ander storie vertel my van ons want ek wag vir jou jou yskoue maak my nie skrik nie net die tyd draai ons skroewe vaster soos 'n laataand kaartspel waar ons oopgesig lieg die vrae stapel, die ja's word nie meer nie en dit maak die gemak van die onbekende tot niet want ek wag vir jou jou warm koue maak my nie skrik nie
10.
vleg die wolke in 'n armband op my skouer mis ek die hand van 'n volgeling die duister in die infantrie van toewyding ek is verlief op 'n ondier ek is verslaaf aan 'n onding ek wil nie die woorde teëkom nie, wat regverdigheid wil bring more steel ek jou blaassoen terug en pluk vir jou die aarde se laaste vrug 'n ongewensde vraagteken lei na onverwagte berekening ek is verlief op 'n ondier ek is verslaaf aan 'n onding ek wil nie die woorde teëkom nie, wat regverdigheid wil bring die uitspreek van ons woorde, soos 'n waarword-towerwoord gee dalk 'n nimmerland-kaartjie of pleeg dalk towenaar-moord ek is verlief op 'n ondier ek is verslaaf aan 'n onding ek wil nie die woorde teëkom nie, wat regverdigheid wil bring my drome het ek nie verdien nie, en ek kan dit ook nie koop al kans om daaraan te kan ruik, is 'n half-dink droomland-hoop
11.
hoop 02:26
hoop is al wat ek vir jou het - 'n hopelose geskenk 'n wegkom-wens, 'n heelword-hoop dat jou dae vorentoe vreedsaam verloop staan hoog op en kyk boontoe plant vas teen die wind gryp vandag aan sonder gisters elke dag is jy 'n nuwe kind

credits

released October 2, 2012

gegrond op die hersenskimme van Floris Groenewald
woorde en musiek geskryf deur Floris Groenewald
musiekregie en vervaardig deur Nico Benade

opgevoer deur:
Floris Groenewald: akoestiese kitaar, stem, en verwerking
Nico Benade: baskitaar, programering, klawerbord, en elektriese kitaar, en verwerking
Mareli Benade: klawerbord op “Soveel vrae” en “Old-fashioned liefde”

opgeneem by Exclamation Studio - 074 507 9778 deur Nico Benade
gemeng en gemeester deur Bradley Cooper (082 954 1510) by Exclamation Studio
behalwe “’n Dag om na uit te sien” - gemeng en gemeester deur Nico Benade

license

all rights reserved

tags

about

Kabaal klankbaan Pretoria, South Africa

Kabaal klankbaan is Gauteng-based musician Floris Groenewald’s folk-rock music project. “It’s not a stage name,” says Floris, “but a band, of which I’m the only permanent member.” They play acoustic, alternative folk-rock, which varies from indie-pop songs, folky dystopian love songs, bluesy rock & roll, to songs about robots and video games. ... more

contact / help

Contact Kabaal klankbaan

Streaming and
Download help

Shipping and returns

Redeem code

Report this album or account

If you like Kabaal klankbaan, you may also like: