We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.
/

lyrics

Haar skoonheid slaan my stom
Haar oë maak my skaam
Haar lag gee my hoendervleis
Haar kyk sê my naam

Met my hand op haar linker knie
raak ek aan die slaap
Laatnag as ons huis toe ry
na 'n aand van ginnegaap

Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap
Stadig, in die donker - ons jeug is opgeraap

Met haar hand op my linker knie
voel sy te veel
Ons is op pad nêrens heen
Maar kom ons verbeel

Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap
Stadig, in die donker - ons jeug is opgeraap

Haar skoonheid slaan my stom
Haar oë maak my skaam
Haar lag gee my hoendervleis
Haar kyk sê my naam

Laataand as sy na my staar
voel ek minder bang
Haar warm handvashou
laat my huis toe verlang

Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap
Stadig, in die donker - ons jeug is opgeraap

Rustig, suutjies, ons tyd is opgeraap
Stadig, in die donker - geen meer tyd vir ginnegaap

Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap
Stadig, in die donker - een laataand in die kaap

Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap
Stadig, in die donker - ons jeug is opgeraap

credits

from Ek en jy (is lank reeds verby), released November 12, 2021

license

all rights reserved

tags

about

Kabaal klankbaan Pretoria, South Africa

Kabaal klankbaan is Gauteng-based musician Floris Groenewald’s folk-rock music project. “It’s not a stage name,” says Floris, “but a band, of which I’m the only permanent member.” They play acoustic, alternative folk-rock, which varies from indie-pop songs, folky dystopian love songs, bluesy rock & roll, to songs about robots and video games. ... more

contact / help

Contact Kabaal klankbaan

Streaming and
Download help

Shipping and returns

Redeem code

Report this track or account

If you like Kabaal klankbaan, you may also like: