We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Ek en jy (is lank reeds verby)

by Kabaal klankbaan

/
1.
Linker knie 03:35
Haar skoonheid slaan my stom Haar oë maak my skaam Haar lag gee my hoendervleis Haar kyk sê my naam Met my hand op haar linker knie raak ek aan die slaap Laatnag as ons huis toe ry na 'n aand van ginnegaap Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap Stadig, in die donker - ons jeug is opgeraap Met haar hand op my linker knie voel sy te veel Ons is op pad nêrens heen Maar kom ons verbeel Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap Stadig, in die donker - ons jeug is opgeraap Haar skoonheid slaan my stom Haar oë maak my skaam Haar lag gee my hoendervleis Haar kyk sê my naam Laataand as sy na my staar voel ek minder bang Haar warm handvashou laat my huis toe verlang Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap Stadig, in die donker - ons jeug is opgeraap Rustig, suutjies, ons tyd is opgeraap Stadig, in die donker - geen meer tyd vir ginnegaap Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap Stadig, in die donker - een laataand in die kaap Rustig, suutjies, ons lewens is gekaap Stadig, in die donker - ons jeug is opgeraap
2.
My hart het regtig doodgegaan My siel het dalk gevrek Die warmte, die liefde, het stadig uitgelek Ek en jy is lank reeds verby Ek besef dit net nou eers My hart klop deesdae sagter Ek twyfel soms aan sy bestaan Ek het weggeraak, heeltemal verdwaal deur nêrens heen te gaan Ek en jy is lank reeds verby Ek besef dit net nou eers Die hersenskimme spook by my Die spoke toor met my en vertel my van die sondes wat jy pleeg Ek kies gereeld die hasepad Ek vlug gereeld te ver Hierdie kop, sonder jou, is dolleeg Ek en jy is lank reeds verby Ek besef dit net nou eers Ek en jy is lank reeds verby Die nostalgie het my net verlei My hart het rustig doodgegaan My oë was bedek Die warmte en die lelik het stadig uitgelek
3.
Meisiekind 02:55
Meisiekind, Ons is nie vir mekaar gemaak nie Meisiekind, Ware liefde maak nie saak nie Ek weet jy sal alles beter laat voel Want dis wat jy doen Kom nou net terug Al sal ons nooit kan versoen – ek het jou hier nodig Meisiekind, Wat jy doen sal ek nooit verstaan nie Daar's party goed wat apart werk, maar nie saam nie Ek weet jy sal alles beter laat voel Want dis wat jy doen Kom nou net terug Al sal ons nooit kan versoen – ek het jou hier nodig Soms moet mens besluite maak en goeie dinge verloor dis waarom ek jou nou vaarwel sing en hierdie ding moet versmoor Meisiekind, Ons is nie vir mekaar gemaak nie Meisiekind, ware liefde maak nie saak nie Ek weet jy sal alles beter laat voel want dis wat jy doen Bly nou net weg Ons sal nooit kan versoen... Ek het jou hier nodig
4.
The way way back is playing soon We spent last night under the moon You said goodnight; I held you tight A song came on the radio Which one, I don't know – Something from the eighties: The best song I ever heard It was the best song I ever heard Though I can't recall the words But I remember the colour of your cheeks And your soft giggling The rise and fall of your chest Your warm breath in my neck In your face – in your space – but you wanted me there We had a late lunch reservation We left none to take away We had a warm embrace to remember at least 'till next September We said goodbye at the station We took as long as we could We talked for hours in five minutes: The best song I never heard It was the best song I never heard The best song I never heard It was the best song I never heard It was the best song I never heard
5.
Dromer 02:42
Ek het my hele lewe lank nog groot gedroom Maar sedert ek jou ontmoet het verloor ek stoom Wilde dromers verwag nooit om te ontwaak My wildste drome sou nooit aan hierdie werklilkheid kon raak My hartklop is 'n paradoks van 'n gevaarlike soort Wat pomp hier binne my as my bloed reeds aan jou behoort My hartklop is 'n raaisel wat ek graag wil oplos Is daar nog lewe hier binne my of het die droom my gekos? Wilde dromers verwag nooit om te ontwaak My wildste drome sou nooit aan hierdie werklilkheid kon raak My hartklop is 'n paradoks van 'n gevaarlike soort Wat pomp hier binne my as my bloed reeds aan jou behoort My hartklop is 'n raaisel wat ek graag wil oplos Is daar nog lewe hier binne my of het die droom my gekos? My hartklop is 'n vasvrae waarvan ek die antwoorde nie ken Niks om te verloor en niks om te wen Wilde dromers verwag nooit om te ontwaak My wildste drome sou nooit aan hierdie werklilkheid kon raak Ek het my hele lewe lank nog groot gedroom Maar sedert ek jou ontmoet het verloor ek vinnig stoom
6.
Soms as dit stil word dink sy nog aan hom Soms as dit seer word blameer sy hom Maar hy't lank reeds vergeet Hy het lankal aanbeweeg Af en toe, as sy lanklaas gerook het, verbeel sy hom weer As hy sê "Ek's lief vir jou" As hy sê "Ek's hier vir jou" Hy het lank reeds vergeet Hy het lankal aanbeweeg Soms as dit stil word begin sy skree En die rumoer word haar hartklop En die lawaai stil die pyn En die kabaal word haar hartklop En die kabaal word haar klankbaan Soms as sy stil word, dan weet ek sy dink weer aan hom en dan wens ek sy dink so aan my Hy het lank reeds vergeet Hy het lankal aanbeweeg Hy het lank reeds vergeet Hy het lankal aanbeweeg
7.
Bitterliefde 03:06
As jy nou hier was sou ek saggies oor jou rug wou vryf en dan stilweg aan die slaap raak en vergeet van die liefde maak bedryf Die bitter byt die liefde dood Die bitter bly my tart Die bitter brand 'n gat in my Die bitter breek my hart

about

Ek en jy (is lank reeds verby) is ’n intieme, akoestieke versameling van liedjies hoofsaaklik geïnspireerd deur die idees van konflik en kontras, sowel as die erkenning van die einde van ’n verhouding en ’n terugblik na dit wat goed was.

Voorsanger Floris Groenewald het self die vervaardiging van die EP behartig, wat hoofsaaklik in sy slaapkamer-studio opgeneem is. Die trom-opnames deur Saul Nossel is ’n paar dae voor die inperkingstydperk opgeneem, en die res daartydens. Omdat die liedjies relatiewe persoonlike inhoud bevat, was dit gepas vir Floris om soveel as moontlik van die proses self te behartig. Later het ’n paar vriende hand bygesit, soos Franco Prinsloo wat klavier gespeel het vir ‘Jannie Totsiens’, en Jaco Mans se elektriese kitaar op ‘Soms’ en ‘Bitterliefde’.

“Ek dink die titel Ek en jy (is lank reeds verby) verteenwoordig die oorheersende idee van die kortspeler: die waardering en evaluering van 'n verhouding, wat ook in kontras is met die besef dat dinge eindig, en dalk al langer gebreek was as wat jy aanvanklik besef het of wou erken.”

Die sirkel is voltooi met Saul Nossel wat die liedjies weer gemeng het, en toe is dit gemeester deur Peach van Pletzen by Planet Awesome.

credits

released November 12, 2021

Geskryf en opgevoer deur Floris Groenewald, behalwe tromme deur Saul Nossel, klavier deur Franco Prinsloo, en elektriese kitaar op snit 6 & 7 deur Jaco Mans.
Gemeng deur Saul Nossel by Volume.
Gemeester deur Peach van Pletzen by Planet Awesome.
Omslagkuns deur Vos & Ink.

Kopiereg 2021 Floris Groenewald.

license

all rights reserved

tags

about

Kabaal klankbaan Pretoria, South Africa

Kabaal klankbaan is Gauteng-based musician Floris Groenewald’s folk-rock music project. “It’s not a stage name,” says Floris, “but a band, of which I’m the only permanent member.” They play acoustic, alternative folk-rock, which varies from indie-pop songs, folky dystopian love songs, bluesy rock & roll, to songs about robots and video games. ... more

contact / help

Contact Kabaal klankbaan

Streaming and
Download help

Shipping and returns

Redeem code

Report this album or account

If you like Kabaal klankbaan, you may also like: